Waar Is Al Die Van Aardes?

PIETER-DIRK UYS se DIE VAN AARDES VAN GROOTOOR is al deel van die Suid-Afrikaanse teater-geskiedenis sedert die 80er jare. Baie het al daarin gespeel … EN ONS SOEK JULLE!

* Was jy in ‘n produksie van Die Van Aardes van Grootoor?
* En waar was dit?
* En wanneer?
* En watter rol het jy gespeel?
* Kan jy vir ons ‘n foto stuur van jouself as daardie karakter?

Ons open die musical van Grootoor in Desember by Theatre on the Bay in Kaapstad en in Januarie by Pieter Toerien se teater by Montecasino in Johannesburg.

Ons wil julle nooi!